Friday, October 17, 2008

Sunday, July 20, 2008

Drie Verse vir die Afwesigheid

I

daar brand vure op die berg vanaand
oranje tonge wat vrolik sing
met woorde wat lig bring

bome mooi soos woorde
gestring aan die geliefde se tong
staan en prewel langs die oewer
oeroue inkantasies wat die gode nie meer hoor
waar sal mens begin soek
as die woorde eers weggeraak het
miskien is dit alles misleiding
rook rook en spieëls

sterre verskiet oor die berg vanaand
wit tonge wat warm lek
aan die ver hemelte
bome mooi soos ou herinneringe
laat vaar hul drome nou verdor
op die stroom wat ewig vloei
dooi offers aan dooie gode iewers langs die see

waar sal mens begin soek
as die liefde eers weggeraak het
miskien is dit selfmisleiding
skimme rook in spieëls




II

die maan is 'n koue steen
in die palm van die nag
o hoe weergalm die stilte van sterre
polsend teen die mure van die binneoor
verlange is 'n landskap sonder grense
bestrooi met die karkasse van uitgebrande wense

en bo die kimme gly
die hart 'n koue steen

die maan is 'n vermoede
gehul agter gordyne van gas
o hoe pyn my arms met die las van jou
afwesigheid my hart is 'n koue been
bleek in die stil onverskilligheid van die nag

daar is geen kuur vir die groot alleen




III

vroeg in die oggend brand die nag se vure
uit en vreemde vorms word gewoon
skimme sleep sakke gevul met illusies terug
en terug in die wykende mis

die lig vol eiegeregtige skyn
trek sy vlerke op in 'n wye kring
verban die maan en die sterre verdwyn
sny met sy mes my oë oop
sny al die toue los in my
maar saam met bewussyn kom die pyn
jy is nie hier nie en ek weet
ook die dag bring geen verligting

(woorde mooi soos ou ou bome
iewers langs 'n stroom:
jou woorde het my verlaat)

Friday, June 20, 2008

Magiese momente

"Waar kom jy aan al die goed wat jy skryf? vra 'n oud-onderwyser my na een van my vertonings. Ek is onmiddellik weer so benoud soos toe ek destyds in sy Wiskunde klas gesit het. Ek antwoord lomp: Ek skryf maar oor dit wat ek ken, Meneer. Agterna dink ek - ek leef in my eie we^reld, Meneer, ek glo in tekens, in drome, ek glo dat niks per toeval gebeur nie. Ek glo in genesing, hoop, liefde, in magiese momente. My inspirasie doem soms reg voor my oe op, nadat ek dalk vir weke al op elke denkbare plek in my kop en elders daarvoor gesoek het. En die waarheid is soms vreemder as fiksie, Meneer" ...begin van 'n artikel deur Amanda Strydom in die nuwe "Bravo" tydskrif

Monday, June 2, 2008

Onskuld

miskien kan ons gaan soek
na my onskuld en die weerloosheid van my lag
ek dink ek het dit êrens verloor
tussen vreemde hande, rooiwyn en die nag
dit lê langs die skerwe van my drome
en die misbruik van my lyf,
die woede en die seerkry
en die gedagtes waarheen haat my dryf

miskien sal ons nog biejtjie kan opspoor
aan die einde van passie se sug
wat jou vingerpunte volg om my lyf
en dan vir ewig hang in die lug
of dalk in die klam spore van my trane
wat speel in die hoeke van my geloof
of in die ewige liefde wat my hart
steeds roekeloos aan my lyf beloof

Friday, May 30, 2008

such is creativity...

“…such a chancy, unpredictable, unwilled and even in some ways unintentional process? It isn’t something you do, it’s something you find yourself doing, and doing compulsively. But in order to occur at all it requires; silence, inaction, free time to listen, an empty space into which the words may move. And poets, in my experience, spend a lot of time gazing out the window and the rest of it scribbling on the backs of envelops, when other people think they should be mowing the lawn.This is why the vocation of poetry creates such hazards, such pitfalls, in the course of ordinary social life, not only for the poet herself but for those around them… There is a lot of burnt toast in the lives of poets…”
- Margaret Atwood from ‘About Poetry’

Wednesday, April 30, 2008

Onvervuld

ek loop lang draaie om weg te kom
van die sonde in my bloed
die honger van onbekende hande op my lyf
en die passie wat dit voed
ek onthou nog die wakker word
met jou warmte in my nek
jou palms nog gedagtes op my rug
in 'n vreemde plek
ek ontken jou soos die dood
jou herhindering my kruis
ons geheim veilig weggesteek
in die holte van my vuis
jy brand op die punt van my tong
jou naam geruisloos in my skree
en alhoewel iets soms nog binne begweeg
bly ek steeds
onvervuld
leeg

Thursday, April 10, 2008

verlange

nou dat dit aand is
en berge ou seer lywe le in die wind
span die blou membraan deursigtig dun
om sy rooigeskuurde randte
en die hadida se roep
eggo sonder antwoord
in die stil ruimte tussen tyd
en ewigheid duislig ver
van hier tot by die eerste ster

Sunday, March 16, 2008

Kwaad

So die eerste ding wat ek toe doen met die kwaad tema was om 'n tekening te maak.
Wys jou watter tipe skrywer ek is.



Thursday, March 6, 2008

skemeraand

ons stap op die dun streep van die sand
tussen joppelsee en vasteland
sal mense oor 'n honderd jaar van ons nog weet
of bloot ons name soos sandale op die strand vergeet
vra sy en kyk met oe groot
om na waar die branders oor ons spore stoot

Monday, February 25, 2008

Gedig vandag raakgeloop...

Onse George W Bush

wat in die Wit Huis woon
laat U "weapons of mass destruction" geskiet
soos in die Wit Huis
so ook op CNN
gee ons vandag ons daaglikse "Stand-off: Iraq"
en vergewe tog
ons anti-oorlogsentimente
soos ons ook ons gewetens sus
en lei ons nie na Saddam en Torra Borra nie
en verlos ons lewers van sirrose
want aan U behoort:
die olie
die dollar
en die bom
tot in Allah ewigheid

- Erns Grundling uit "Stemme 3"

Tuesday, February 19, 2008

Lente

Ek plant vir jou springmielies
en laat jou daisies blom.
Ek gooi jou akkers nat,
met water uit my enamel kom.

Jy sien my oë raak
en smeer heuning om my mond.
Jy lei my boorde nat
en bring weer lewe in my grond.

Ons dans onder somersterre
op ‘n wysie wat net ons kan hoor.
Ons fluister vreemde versies
waar die maanlig haar soene stoor.

Ons kyk die lewe nuut
en kraak haar doppe oop.
Ons drink die nuwe oes
en laat vry ons liefde loop.

FR

Sunday, February 17, 2008

Jezebel

Herein lies the power of my kind
To amuse you with my tongue,
Confuse you with my mind

You ban me from your churches
For I love passion more than prayer
You curse the sweetness in my name
Until I lay weeping in my lair

You deny the want in your loins
When I dance in the light of the stars
You admire my body and my skin
Blind and ignorant of the scars

You wake up in the corners of my mouth
My scent covering your skin
I am your greatest passion
I am your greatest sin

I am the space in women’s soul
They keep for desire unspoken
I am their goddess and their queen
Although they declare me broken

I am the undying mistress of your being
The balance between your heaven and your hell
You call me whore; you brand me slut
I call myself Jezebel

Tuesday, February 12, 2008

Welkom

Hierdie is die eerste post.
Welkom by ons Penboek.
Hoop jy geniet dit so baie soos ons.