Thursday, March 6, 2008

skemeraand

ons stap op die dun streep van die sand
tussen joppelsee en vasteland
sal mense oor 'n honderd jaar van ons nog weet
of bloot ons name soos sandale op die strand vergeet
vra sy en kyk met oe groot
om na waar die branders oor ons spore stoot

1 comment:

Liezl said...

Dankie Gerhard vir die cool woorde!! George Bush het vir te lank te veel aandag gekry terwyl sy gediggie geluier het op ons blog..