Monday, June 2, 2008

Onskuld

miskien kan ons gaan soek
na my onskuld en die weerloosheid van my lag
ek dink ek het dit êrens verloor
tussen vreemde hande, rooiwyn en die nag
dit lê langs die skerwe van my drome
en die misbruik van my lyf,
die woede en die seerkry
en die gedagtes waarheen haat my dryf

miskien sal ons nog biejtjie kan opspoor
aan die einde van passie se sug
wat jou vingerpunte volg om my lyf
en dan vir ewig hang in die lug
of dalk in die klam spore van my trane
wat speel in die hoeke van my geloof
of in die ewige liefde wat my hart
steeds roekeloos aan my lyf beloof

No comments: