Friday, June 20, 2008

Magiese momente

"Waar kom jy aan al die goed wat jy skryf? vra 'n oud-onderwyser my na een van my vertonings. Ek is onmiddellik weer so benoud soos toe ek destyds in sy Wiskunde klas gesit het. Ek antwoord lomp: Ek skryf maar oor dit wat ek ken, Meneer. Agterna dink ek - ek leef in my eie we^reld, Meneer, ek glo in tekens, in drome, ek glo dat niks per toeval gebeur nie. Ek glo in genesing, hoop, liefde, in magiese momente. My inspirasie doem soms reg voor my oe op, nadat ek dalk vir weke al op elke denkbare plek in my kop en elders daarvoor gesoek het. En die waarheid is soms vreemder as fiksie, Meneer" ...begin van 'n artikel deur Amanda Strydom in die nuwe "Bravo" tydskrif

1 comment:

tjou-tjou said...

} ag lieflik. liezl dis heerlik om op afrikaans op die net af te kom. ek moet byvoeg dat ek maar vrotterig is met die spelling van ons taal ;)