Tuesday, February 19, 2008

Lente

Ek plant vir jou springmielies
en laat jou daisies blom.
Ek gooi jou akkers nat,
met water uit my enamel kom.

Jy sien my oë raak
en smeer heuning om my mond.
Jy lei my boorde nat
en bring weer lewe in my grond.

Ons dans onder somersterre
op ‘n wysie wat net ons kan hoor.
Ons fluister vreemde versies
waar die maanlig haar soene stoor.

Ons kyk die lewe nuut
en kraak haar doppe oop.
Ons drink die nuwe oes
en laat vry ons liefde loop.

FR

No comments: