Friday, June 20, 2008

Magiese momente

"Waar kom jy aan al die goed wat jy skryf? vra 'n oud-onderwyser my na een van my vertonings. Ek is onmiddellik weer so benoud soos toe ek destyds in sy Wiskunde klas gesit het. Ek antwoord lomp: Ek skryf maar oor dit wat ek ken, Meneer. Agterna dink ek - ek leef in my eie we^reld, Meneer, ek glo in tekens, in drome, ek glo dat niks per toeval gebeur nie. Ek glo in genesing, hoop, liefde, in magiese momente. My inspirasie doem soms reg voor my oe op, nadat ek dalk vir weke al op elke denkbare plek in my kop en elders daarvoor gesoek het. En die waarheid is soms vreemder as fiksie, Meneer" ...begin van 'n artikel deur Amanda Strydom in die nuwe "Bravo" tydskrif

Monday, June 2, 2008

Onskuld

miskien kan ons gaan soek
na my onskuld en die weerloosheid van my lag
ek dink ek het dit êrens verloor
tussen vreemde hande, rooiwyn en die nag
dit lê langs die skerwe van my drome
en die misbruik van my lyf,
die woede en die seerkry
en die gedagtes waarheen haat my dryf

miskien sal ons nog biejtjie kan opspoor
aan die einde van passie se sug
wat jou vingerpunte volg om my lyf
en dan vir ewig hang in die lug
of dalk in die klam spore van my trane
wat speel in die hoeke van my geloof
of in die ewige liefde wat my hart
steeds roekeloos aan my lyf beloof